Sunday, August 27, 2006

Something to ponder about...

"It's just that I'm happy now, and I guess that's how we judge a place, isn't it? Not for what it is, but for what we are when we live there."

Quote from Sarah's Window by Janice Graham

Gedink dis baie interessant... Op 'n manier van toepassing op my lewe hier in Engeland... Aan die een kant is ek so gelukkig hier, maar aan die ander kant mis ek my lewe in Suid-Afrika ongelooflik baie. Dis moeilik om so 'n soort van 'dubbel lewe' te lei... Twee huise, twee stelle vriende in twee verskillende lande. As jy aan die een kant van die aarde is, mis jy DIE wat jy aan die ander kant agtergelaat het. En dan is daar natuurlik die feit dat ek vir myself soos 'n vreemdeling voel deesdae. Die vraag is, het ek so baie verander (d.w.s. sal die mense wat my lankal ken my ook anders ervaar) of het ek net in my eie oë verander? Of was ek nog altyd soos ek nou is, maar ek het anders gedink oor myself en die lewe? En het ek verander OMDAT ek in Engeland is, of sou ek inelkgeval ook so gevoel het as ek steeds in SA was?

Ek dink ek dink te veel deesdae...

Saturday, August 26, 2006

Oor blou oë...

The sky is the colour of your eyes
when your soul is lost
and you hide your sorrows
in the corners of your lonely smile...

- M.V. April 2004

Dis hoe die mal kietsie deesdae lyk...

Friday, August 25, 2006

Die begin

"A good traveller has no fixed plans and is not intent on arriving." -Lao Tzu