Thursday, November 30, 2006

Aksente

Ek is mal oor verskillende aksente... Sommiges is natuurlik mooier as ander, en sommiges meer opvallend/uitkenbaar. Maar die feit bly staan dat ALMAL 'n aksent het, of dit nou weens tipografie is, of omdat jou moedertaal jou manier wat jy 'n ander taal praat en uitspreek beinvloed.

Maar nou kry mens ignorant mense soos die Britte. En ja, ek glo regtig hulle is nogal naive oor wat in die wereld aangaan... volgens hulle is hulle mos DIE nasie (Het ek nuus vir hulle... HA!)

Elkgeval, hulle dink 'n sterk aksent beteken noodwendig jy kan nie hulle taal ordentlik praat nie. Ek weet ek het 'n redelike sterk en obvious aksent (maar tog wel nie so erg soos sommige Afrikaners nie!!!!!). Meeste raai darem reg dat ek van Suid-Afrika af kom, maar sommige dink for some reason eks Pools (uhm, moenie vra nie, want ek weet wragtig nie hoor!!!). Nou ja, dan sal ek dit kry dat ek op 'n aand 'n tafel bedien en die hele aand lank heel lekker met die mense gesels in (my) Engels, wat redelik perfek is in vergelyking met hulle woord-misvorming (veral die Bristolians) en as ons dan op 'n stadium op die topic kom van waar ek vandaan kom ens, vra sommiges SOWAAR vir my of ek in Engeland is om Engels te leer! Ek vra jou met trane in my navy blue eyes!!!!! Daars 'n GROOT verskil tussen 'n aksent wat mens nie maklik in 'n jaar kan afskud nie, en incompetence in 'n taal. Nou ja... Ek blame my onnies wat my "Oxford English" geleer het... iets wat NOOIT in Engeland gepraat word nie. Seker iets soos Hoch Deutsch en die alledaagse Duitse spreektaal.

Maar ek moet tog se ek dink regtig my manier van praat het hierdie jaar verander. Die aksent is maar steeds daar, maar dis mos nie iets wat jy so erg in jou eie ore kan hoor nie, want vir jou is dit normaal. Ek HET ongelukkig 'n paar slegte Bristolian praatgewoontes aangeleer... Sug...

Maar darem klink ek nog SUID-AFRIKAANS, en maak nie saak wat enigiemand daarvan se nie, EK IS TROTS DAAROP, want dis 'n deel van wie EK is!

Tuesday, November 28, 2006

Psalm 23 in Afrikaans se twee 'sustertale'

Kirchenbuch 23. Psalm

Der HERR ist mein Hirte,
Mir wird nichts mangeln,
Er weidet mich auf einer grünen Auen,
Und führet mich zum frischen Wasser.
Er erquicket meine Seele;
Er führet mich auf rechter Straße um seines Namens willen.
Und ob ich schon wandert im finstern Thal, furchte ich kein Unglück,
denn du bist bei mir;
Dein Stecken und Stab trösten mich.
Du bereitest vor mir einen Tisch gegen meine Feinde;
Du salbest mein Haupt mit Öl, und schenkest mir voll ein.
Gutes und Barmherzigkeit werden mir folgen mein Leben lang,
Und werde bleiben im Hause des HERRN immerbar.


De HERE is mijn herder Psalm 23

(1) Een psalm van David. De HERE is mijn herder, mij ontbreekt niets;
(2) Hij doet mij nederliggen in grazige weiden; Hij voert mij aan rustige wateren;
(3) Hij verkwikt mijn ziel. Hij leidt mij in de rechte sporen om zijns naams wil.
(4) Zelfs al ga ik door een dal van diepe duisternis, ik vrees geen kwaad, want Gij zijt bij mij; uw stok en uw staf, die vertroosten mij.
(5) Gij richt voor mij een dis aan voor de ogen van wie mij benauwen; Gij zalft mijn hoofd met olie, mijn beker vloeit over.
(6) Ja, heil en goedertierenheid zullen mij volgen al de dagen van mijn leven; ik zal in het huis des HEREN verblijven tot in lengte van dagen.

Nou verstaan ek...

"Multiple exclamation marks are a sure sign of a diseased mind." - Terry Pratchett in Eric

En ek hou so daarvan om baie!!! uitroeptekens te gebruik vir effek!!!! Nou ja, dit verklaar (of bevestig) baie...

Die groot vraag...

Ek worstel op die oomblik met 'n groot vraag... moet ek vir my vriende in SA se presies wanneer ek huis toe kom, of moet ek net opdaag en hulle dan onverwags bel of aan hulle deur klop??

;-)

Thursday, November 23, 2006

Thursday, November 16, 2006

hmmm...

Wens daar was meer mense wat nie (meer) geweet het wat dit is nie...

Afrika... nie vir sissies nie!


Monday, November 13, 2006

Klaar gelees!

Ek is trots om te se dat ek (uiteindelik) Trainspotting deur Irvine Welsh klaar gelees het. Was redelik maklik, nadat ek gewoond geraak het daaraan om weird en onverstaanbare woorde uit te figure en dit te verklaar binne die konteks. Let wel, dis nie 'n boek wat iemand wat bang is vir vloekwoorde moet lees nie. En dis redelik skokkend. Dus: 'n GOEIE boek, maar nie 'n MOOI boek nie. Regtig baie goed, volgens my.

Nou wil ek graag die fliek sien om te vergelyk...

Saturday, November 11, 2006

Stoksielalleen op 'n Vrydagaand...

Ek voel vanaand ongelooflik alleen en hartseer. Seker veral omdat ek sedert gister duiselig voel, en dit word nie beter nie. Baie depressing om jou twee 'heilige' af dae 'n week in die bed te moet spandeer, en selfs DAN draai die aarde nogsteeds. Ek klink seker soos 'n junkie op 'n trip, maar nee, toe nie. Geen redelike verklaring daarvoor nie. Net duiselig. Punt.

En seker die dat ek so alleen voel... "Ek wil my Ma heeeeeeeeee!", ja veral my ma, maar eintlik enige pel wat my 'n lekker drukkie kan gee en se moenie worry nie alles sal orraait wees. Die probleem is dat my beste pelle hier almal weg is uit die UK, of soos Daria, besig en onbereikbaar is. En hier sit ek alleen in my huis, in my kamer, met uncompassionate housemates en 'n vreeslike behoefte aan TLC en 'n cure vir my duiseligheid voor ek more 12 ure lank moet gaan werk.

Die lewe is nie fair nie.

Thursday, November 09, 2006

"Onttrekkings simptome"...

Ek is besig om onttrekkings simptome te ontwikkel... weens 'n gebrek aan goeie en ordentlike Suid-Afrikaanse DANS!!!!!!!!!! Nie die rond-ruk-spasma-aanval wat jongmense in clubs doen nie, maar ordentlik langarm: two-step, sokkie ens.....

Gelukkig gaan ek BAIE naby aan Presleys woon volgende jaar!!! :-)

En my groot mission vir volgende jaar is om te leer Tango. Moeilik, ek weet, maar iets wat ek nog altyd wou doen!!!

Ek is moeg vir....

... sommige mense (van Suid-Afrika) wat aanmekaar en sonder ophou verwys na Engeland slegs as 'LONDON'. Ja, London is in Engeland, maar Engeland is nie gelyk aan London en London alleen nie! Aarde tog, is daar regtig mense wat so naive is? Ek het al in hoeveel briewe vir mense gese "dit gaan nog goed hier in Bristol" en dan skryf hulle terug en vra: "So, is dit nou al baie koud daar in London?"

Haha, mens kan seker maar net lag. Eks dan sommer lus om te se: Jy weet, laas toe ek in London was, was dit nog somer, maar ek kan regtig nie se hoe die weer nou daar is nie, maar dis nogal koud hier in Bristol waar ek eintlik woon, jou idioot!

SUG

Tuesday, November 07, 2006

Wat ek vandag geleer het...

"Don't be irreplaceable, because if you can't be replaced, you can't be promoted."

Sad but very true.

Ook geleer dat as jy baie goed is in jou werk, die Base dit nie meer so baie raaksien nie, en dus jou ook nie bedank nie, aangesien hulle dit 'verwag' van jou.

En iets wat ek nie nou geleer het nie, maar net 'n blerrie stupid ding wat maar net weer herbevestig is, is dat mense baie baie nervous raak as die Grootbase van 'n company kom 'kuier'. En dan word genoemde Grootbase (wat almal gewoonlik mislike en ongeskikte buffels is) beter behandel as enige paying customer ooit. Wat ek voel totaal en al stupid is. As ek eendag 'n company het, sal ek wil sien hoe my customers hanteer word deur hoe EK hanteer word! Maak dit sin?

En laastens het ek oor die afgelope vier jaar in die Catering business meer geleer hoe om goed NIE te doen nie, as hoe dit moet gedoen word ;-)

Monday, November 06, 2006

Goeie ou Suid-Afrika...

Ek moet bieg dat ek eers (weer) begin Afrikaanse musiek luister het nadat ek uit die skool is en blootgestel is aan die Afrikaanse kultuur by Tuks. Ek het wel toe ek nog 'klein' was na Afrikaanse musiek geluister, maar later jare was dit mos nie meer 'cool' nie. Maar daar is 'n asemrowende oplewing in Afrikaanse musiek en baie wonderlike kunstenaars wat ons Taal en Kultuur aan die lewe hou. Noudat ek hier in Pommieland woon (vir amper 'n jaar al!!!), is ek absoluut verslaaf aan Afrikaanse musiek! Ek luister baie minder Engelse musiek nou as wat ek in SA het. Vreemd ne. Ek het selfs begin hou van mense soos ou Steve Hofmeyr en Dozi ens. En luister selfs met genot na daai 'commin' liedjies soos 'Meisie Meisie', 'Rooi rok bokkie' en 'Ek wil my baby he vanaand' (en ander liedjies van kunstenaars wat ek voorheen niks van gehou het nie, soos Nicholis Louw, Valiant Swart en ander). Alhoewel ek nog nie so laag sal daal soos 'Skarumba' nie, hoor!

Wys jou nou net mens moet partykeer duisende kilometers reis en lank uit jou land wees voor mens regtig die kultuur en die mense en al die wonderlike goed van jou Vaderland mis en waardeer!

... En as mens lank genoeg in Engeland woon (ek praat nou uit persoonlike ondervinding), lyk die probleme in SA maar alledaags en glad nie so erg nie, want daar is baie goed in Engeland wat maar net so sukkel en selfs MEER sukkel (glo dit of nie!). Hierdie rooinekke gee mens soms grys hare en maagswere...

Dus is my boodskap aan almal in SA wat so graag kla oor alles: DIS NIE SO ERG NIE, EN NIE VEEL SLEGTER AS IN HIERDIE 'VERONDERSTELDE' EERSTE WERELD LAND NIE!!!!!

Sunday, November 05, 2006

British Humour...

Chris Walker (VERY British assistant manager): "I'm going to the room where the nobs hang out."
Luticia (VERY Welsh supervisor): "Oh, so you're going to the back office?"
Chris: "Uhm, no...?"

(The back office being where you usually find most of the managers.... HAHA)

Oor katte en dit...

“"I meant," said Ipslore bitterly, "what is there in this world that truly makes living worth while?" Death thought about it "Cats," he said eventually, "Cats are Nice”.

- Terry Pratchett

Wednesday, November 01, 2006

SKOTLAND!!

Kilts, Macs om elke hoek en draai, honderde Lochs, Scottish Terriers, Highland Coo's, Monsters (van die Loch tipe), doedelsakke (o, behoede my!), Whiskey... whiskey en NOG whiskey, berge, skapies, lou-warm bier van die bitter tipe (al noem hulle dit 'xtra cold'), shortbread, haggis (yuk!!), semi-onverstaanbare (maar baie mooi) aksente en reen...

Wat ek die naweek geleer het (1)

1. Dis baie moeilik om Trainspotting deur Irvine Welsh te lees (maar ek SAL deurdruk!!) ... wonder nou net of die fliek beter is as die boek of nie?

2. Die Jehovah's Witnesses is BAIE weird, en alhoewel hulle glo hulle geloof is so great en hulle is soveel beter as ons (ten minste in die opsig dat hulle kastig 'n kans het om hemel toe te gaan en ons nie) is die meeste van die hordes wat die naweek in ons Hotel was, vrek ongeskik en ongemanierd en sommer net moeilik. En nou bring dit my by daai classic gesegde: As DIT is hoe hulle optree, wil ek nie soos hulle wees nie.