Monday, November 06, 2006

Goeie ou Suid-Afrika...

Ek moet bieg dat ek eers (weer) begin Afrikaanse musiek luister het nadat ek uit die skool is en blootgestel is aan die Afrikaanse kultuur by Tuks. Ek het wel toe ek nog 'klein' was na Afrikaanse musiek geluister, maar later jare was dit mos nie meer 'cool' nie. Maar daar is 'n asemrowende oplewing in Afrikaanse musiek en baie wonderlike kunstenaars wat ons Taal en Kultuur aan die lewe hou. Noudat ek hier in Pommieland woon (vir amper 'n jaar al!!!), is ek absoluut verslaaf aan Afrikaanse musiek! Ek luister baie minder Engelse musiek nou as wat ek in SA het. Vreemd ne. Ek het selfs begin hou van mense soos ou Steve Hofmeyr en Dozi ens. En luister selfs met genot na daai 'commin' liedjies soos 'Meisie Meisie', 'Rooi rok bokkie' en 'Ek wil my baby he vanaand' (en ander liedjies van kunstenaars wat ek voorheen niks van gehou het nie, soos Nicholis Louw, Valiant Swart en ander). Alhoewel ek nog nie so laag sal daal soos 'Skarumba' nie, hoor!

Wys jou nou net mens moet partykeer duisende kilometers reis en lank uit jou land wees voor mens regtig die kultuur en die mense en al die wonderlike goed van jou Vaderland mis en waardeer!

... En as mens lank genoeg in Engeland woon (ek praat nou uit persoonlike ondervinding), lyk die probleme in SA maar alledaags en glad nie so erg nie, want daar is baie goed in Engeland wat maar net so sukkel en selfs MEER sukkel (glo dit of nie!). Hierdie rooinekke gee mens soms grys hare en maagswere...

Dus is my boodskap aan almal in SA wat so graag kla oor alles: DIS NIE SO ERG NIE, EN NIE VEEL SLEGTER AS IN HIERDIE 'VERONDERSTELDE' EERSTE WERELD LAND NIE!!!!!

No comments: