Saturday, November 11, 2006

Stoksielalleen op 'n Vrydagaand...

Ek voel vanaand ongelooflik alleen en hartseer. Seker veral omdat ek sedert gister duiselig voel, en dit word nie beter nie. Baie depressing om jou twee 'heilige' af dae 'n week in die bed te moet spandeer, en selfs DAN draai die aarde nogsteeds. Ek klink seker soos 'n junkie op 'n trip, maar nee, toe nie. Geen redelike verklaring daarvoor nie. Net duiselig. Punt.

En seker die dat ek so alleen voel... "Ek wil my Ma heeeeeeeeee!", ja veral my ma, maar eintlik enige pel wat my 'n lekker drukkie kan gee en se moenie worry nie alles sal orraait wees. Die probleem is dat my beste pelle hier almal weg is uit die UK, of soos Daria, besig en onbereikbaar is. En hier sit ek alleen in my huis, in my kamer, met uncompassionate housemates en 'n vreeslike behoefte aan TLC en 'n cure vir my duiseligheid voor ek more 12 ure lank moet gaan werk.

Die lewe is nie fair nie.

3 comments:

Adam said...

Is jou pille dan op? Dit gebeur met my as my pille op is...

Mad Maddy said...

Wel, ek HET nie pille nie... mmm, come to think about it, miskien is dit die probleem ;-)

Anyway, het toe NIE beter gevoel nie, en het toe die volgende dag afgevat en drie dae in die bed gele met duiseligheid en 'n ongelukkige maag en spysvertering stelsel (hopelik related sleg-voel gewees).

Ivm die TLC... het dit nogsteeds nodig, en begin al hoe meer homesick word (NET nadat ek besluit het ek wil langer bly en vir 'n bepaalde tyd NIE kan teruggaan nie) en dit nadat ek nie WOU weggaan nie... Hmmm...

Adam said...

Make up your mind, woman!

Mis jou egter...