Thursday, November 30, 2006

Aksente

Ek is mal oor verskillende aksente... Sommiges is natuurlik mooier as ander, en sommiges meer opvallend/uitkenbaar. Maar die feit bly staan dat ALMAL 'n aksent het, of dit nou weens tipografie is, of omdat jou moedertaal jou manier wat jy 'n ander taal praat en uitspreek beinvloed.

Maar nou kry mens ignorant mense soos die Britte. En ja, ek glo regtig hulle is nogal naive oor wat in die wereld aangaan... volgens hulle is hulle mos DIE nasie (Het ek nuus vir hulle... HA!)

Elkgeval, hulle dink 'n sterk aksent beteken noodwendig jy kan nie hulle taal ordentlik praat nie. Ek weet ek het 'n redelike sterk en obvious aksent (maar tog wel nie so erg soos sommige Afrikaners nie!!!!!). Meeste raai darem reg dat ek van Suid-Afrika af kom, maar sommige dink for some reason eks Pools (uhm, moenie vra nie, want ek weet wragtig nie hoor!!!). Nou ja, dan sal ek dit kry dat ek op 'n aand 'n tafel bedien en die hele aand lank heel lekker met die mense gesels in (my) Engels, wat redelik perfek is in vergelyking met hulle woord-misvorming (veral die Bristolians) en as ons dan op 'n stadium op die topic kom van waar ek vandaan kom ens, vra sommiges SOWAAR vir my of ek in Engeland is om Engels te leer! Ek vra jou met trane in my navy blue eyes!!!!! Daars 'n GROOT verskil tussen 'n aksent wat mens nie maklik in 'n jaar kan afskud nie, en incompetence in 'n taal. Nou ja... Ek blame my onnies wat my "Oxford English" geleer het... iets wat NOOIT in Engeland gepraat word nie. Seker iets soos Hoch Deutsch en die alledaagse Duitse spreektaal.

Maar ek moet tog se ek dink regtig my manier van praat het hierdie jaar verander. Die aksent is maar steeds daar, maar dis mos nie iets wat jy so erg in jou eie ore kan hoor nie, want vir jou is dit normaal. Ek HET ongelukkig 'n paar slegte Bristolian praatgewoontes aangeleer... Sug...

Maar darem klink ek nog SUID-AFRIKAANS, en maak nie saak wat enigiemand daarvan se nie, EK IS TROTS DAAROP, want dis 'n deel van wie EK is!

1 comment:

Adam said...

JAY vir Afrikaans!

Dit laat my dink aan my tante en Oostenrykse oom wat besluit het dat my Duitse tong vergelyk kan word met die van 'n Hongaar... Nouja, ek is trots daarop. Ek praat Duits met 'n Hongaarse aksent!