Thursday, November 09, 2006

Ek is moeg vir....

... sommige mense (van Suid-Afrika) wat aanmekaar en sonder ophou verwys na Engeland slegs as 'LONDON'. Ja, London is in Engeland, maar Engeland is nie gelyk aan London en London alleen nie! Aarde tog, is daar regtig mense wat so naive is? Ek het al in hoeveel briewe vir mense gese "dit gaan nog goed hier in Bristol" en dan skryf hulle terug en vra: "So, is dit nou al baie koud daar in London?"

Haha, mens kan seker maar net lag. Eks dan sommer lus om te se: Jy weet, laas toe ek in London was, was dit nog somer, maar ek kan regtig nie se hoe die weer nou daar is nie, maar dis nogal koud hier in Bristol waar ek eintlik woon, jou idioot!

SUG

1 comment:

Adam said...

Agreement nommer 2: "Do not take it personally..."

Vergewe hul en beweeg aan. Beste raad wat ek op die oomblik kan dink.

Miskien is hul Aardrykskunde so goed soos myne, en dink hul Bristol is 'n voorstad van London.