Friday, November 23, 2007

Toe ek nie meer raad geweet het... - Elisabeth Eybers

Toe ek nie meer raad geweet het met my hart

wat bang-alleen tussen mense gaan,

en tot die aand die bly herinnering dra

wanneer ek één ontmoet het wat verstaan,


toe was jou warm stem en oë soos dié

waarvan ‘n mens somtyds mag droom… en ek

het willoos-kalm jou laat begaan, toe jy

die digte sluier van my siel wegtrek.


Jy het, sonder jammerklag of walging, daar

verminkte lyke van vertroue en hoop

gevind, en oor die ope wonde toe

die olie van jou liefde sag laat loop…

No comments: