Sunday, December 03, 2006

Engeland verander my...

Ek dink ek het baie verander hierdie jaar. Wel, mens kan seker nie verwag om in 'n ander land te woon tussen mense van verskillende kulture sonder dat mens verander nie, of hoe? Maar ek voel ek ken myself nie eers meer nie. Is bietjie nervous oor die GROOT TERUGKEER na SA. Gaan die mense sien ek het verander, of het ek miskien net in my eie oe verander? Wel, ek weet ten minste vir 'n feit dat een groot ding wat anders is, is my immer-groeiende perfeksionisme by die werk. Ek dryf myself al teen die mure uit! Maar dis seker nie 'n slegte ding om 'attention to detail' te gee nie, of hoe?

Ek het vanaand 'n Skotse gereg geeet wat ek nog nooit rerig van gehou het nie, EN DIT BAIE GENIET: smoked, cured Salmon with Oatcakes. Ek eet nie eers meer dieselfde nie en hou skielik van goed waarvan ek nooit gehou het nie... interessant! En my aksent het (hopelik) verander, alhoewel mens mos nie self kan seker wees nie, ander moet vir mens se. Dus sal ek maar sien wat die mense vir my se as ek terug is... is ek nogsteeds dieselfde Madeleine van altyd, of het ek baie verander?

1 comment:

Adam said...

Niemand en niks kan jou verander as jy dit nie toelaat nie! Maar net een van die wyshede wat ek die naweek opgetel het...