Tuesday, December 19, 2006

'n Eerste keer vir alles...

'Hulle' se daar is 'n eerste keer vir alles. Vanaand is dit weer bevestig. Ek het na 'n laaaang dag op my voete by die werk (12 ure!!) besluit om saam met my werk-buddies oor te stap na ons hotel se pub, die BLACK SHEEP, net om gou vir 'n ander buddy, Ryan, hallo te se, en dan soos goeie mense huis en bed toe te gaan. Daar aangekom was daar 'n privaat funksie aan die gang: een van ons geliefde regulars, Mr. Williams, wat 'n afskeidspartytjie hou vir 'n kollega wat binnekort aftree. Mr. Williams nooi ons toe ewe vriendelik vir 'n drink of twee, en ons besluit om te bly. Ek bedoel, why not, hy betaal en 'n pint Carlsberg sal nou regtig nie sleg afgaan nie.

Enigste snag was die karaoke. Ek is 'n sucker vir karaoke. Let wel, ek het dit nog net een keer gedoen, saam met twee pelle in Hatfield, halfpad besope. So toe besluit ek en Ashley ons sing nou wel nie alleen nie, maar ons sien kans vir Grease se 'Summer Nights' so saam-saam. Wat ons toe sing, en kry 'n groot applous (nie omdat ons noodwendig so great was nie, maar net soveel beter as die res van die mense wat vroeer gesing het, byvoorbeeld Tim die Bar Manager... ek het hom eerlikwaar gese: "Tim, don't quite your day job!" en hy het saamgestem). Ok, toe oorreed ek vir Dhevan om saam met my Ben E. King se STAND BY ME te sing, weer nogal nie te sleg nie, alhoewel Dhevan baie soos Tim sing... En toe het ek al twee Pints Carlsberg agter die blad op 'n nugter maag, en Mr. Williams cheer en moedig ons aan... So toe besluit ek... Wel, eks eintlik deep down inside moerse skaam, maar die bier help beslis, en ek dink dat Sarah McLachlan se ANGEL een van DIE mooiste songs ooit is, en vra toe vir Mr. Williams hoeveel hy my dare om alleen te sing, considering ekt nog NOOIT ge-Solo nie. Hy se toe tien pond, of twintig as dit regtig goed is. Ek besluit toe what the hell en stap net daar en dan na die DJ en se ek gaan sing. En daar staan ek toe alleen voor al daai mense. En vir die eerste keer in my 22 jaar op aarde nie skaam om alleen daar te staan nie. En ek begin sing, en die mense raak stil. En ek sing verder en die mense maak die ander wat nog probeer praat stil. En ek het nie 'n clue of ek op die noot is nie, maar dit klink vir my moerse goed, so ek is seker nie te erg off-key nie. En toe die liedjie klaar maak is daar so paar sekondes stilte, en toe applous en wolwefluite en mense wat my hande skud... Sug, ek het my paar minute in die Limelight gehad, en boonop twintig pond gekry om een van my favourite songs te sing! Wow. Wat 'n aand... En om te dink ek wou net huis toe gaan en in my kamer sit...

Weet tot nou toe nie waar ek die skielike moed vandaan gekry net nie (moet seker maar die Carlsberg gewees het...) Maar dit was die eerste keer wat ek nie uitgefreak het voor 'n gehoor nie (en ek WEET daarvan... baie jare se (mislukte) klavier optredes wat getuig daarvan...) en dit het great gevoel. Ek gaan sommer een van die dae weer 'n plek soek om te Karaoke!

1 comment:

Adam said...

He-he. Dis fokken cool! Ek is sooo trots op jou. You go girl! Jaay.

Fwiet-fweeu! (lees: wolwefluit)

Klink na 'n lekker paartie. En twintig pond nogal. Dis amper 'n gig se geld man!

Hou so aan.