Friday, April 27, 2007

Ek kan nie meer onthou nie - Stephan Bouwer

Vanaand
na al die maande
weet ek dat ek jou vergeet het
is ek weer vry

ek kan nie meer jou bruin oe onthou nie
ek kan nie meer jou swart hare
en al die krulletjies op jou voorkop onthou nie
ek kan nie meer die twintig lagplooitjies
om jou oe onthou nie
ek kan nie eers meer die vlekkie
op jou maag onthou nie

weet jy
ek kan niks meer onthou nie

No comments: