Thursday, April 19, 2007

Oor die liefde

As ek my vreemde liefde bloot moes le,
Wat sou die vrome skenders van die skoonheid se?
Sou hul, met heilige voreontwaardiging,
Besoedelende vingers God-waarts steek,
En na die self-regverdigende reiniging
Hul eer na my kom wreek?
Of sou 'n sprank van hierdie vuur wat in my gloei
Ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
Die liefde neem 'n duisend vorme aan?

VIII
Ek het my aan jou oorgegee
So onvoorwaardelik, dat ek soms vrees
Vernietiging is al wat daar uiteindelik
Vir my kan wees;
Want voorheen kon ek in die fluistering
Van die wind en water ander dinge hoor:
Nou het my siel in stille mymering
Sy krag verloor.
Dis jy wat tot my fluister in die bome
En aangesweef kom op die wind;
En slegs in jou, verheerlik deur my drome,
Kan ek myself weer vind.

- I.D. du Plessis

No comments: