Tuesday, October 10, 2006

En nou vra julle seker... WAAR kom die naam vandaan?

Poppetjie Mabalel, of om meer spesifiek te wees: Die reisjare van Poppetjie Mabalel...

En dit die naam van iemand wat glad nie met 'dom blonde poppies' wil vergelyk word nie. Maar HIERDIE Poppetjie is darem iets heeltemal anders. Het al meer as 'n jaar terug begin, toe ek, Andries, Adam en Adam se Ma afgery het na KKNK 2005. Adam se ma het my begin Poppetjie noem, en ek is nie meer mooi seker nie, maar ek dink amper dis Andries wat met die Mabalel begin het... Die 'reisjare' deel kom van die titel van 'n boek wat bietjie aangepas is vir ons eie gebruik. Die 'reis' was natuurlik die avontuur na die KKNK...

Het baie spesiale memories van daardie vakansie!! En die naam het net eenvoudig ge'stick' in hierdie vriende-kringetjie.

En toe dog ek dis van pas vir die naam van my blog wat stukkies van my 'reis' deur die lewe uitbeeld... Soos ek gese het in die vorige post... Life is a rollercoaster... Dis die reisjare van Poppetjie Mabalel!

3 comments:

Adam said...

Glad I could be of assistance...

Mad Maddy said...

Was dit nou sarkasties of nie, Arram??

Adam said...

Neeman!