... just gotta ride it. Hmmm, as dit maar net so maklik was! My emosies is deesdae soos 'n rollercoaster: op en af teen een moerse spoed. Begin vandag in 'n vrek goeie bui, en toe ek vanaand huis toe loop is ek sommer tranerig en ek weet nie eers mooi hoekom nie. En dis nie net geite nie. Nee.
Dink die grootste issue op die oomblik is hoe lank ek nog in Engeland kan bly. Ek is mal oor surprises, maar nie as dit met sulke groot goed te doen het nie. Ek wil 'n dag en datum he, nie so moet wonder of dit nog een maand of drie maande gaan wees nie. Vir een of ander rede is ek nog nie 'reg' om huis toe te gaan nie. Dit is seker omdat ek nou my 'peak' tyd hier by die Aztec Hotel het, en nie nou wil uit en weg nie. Ek is 'n baie belangrike stukkie in die puzzle deesdae, al moet ek dit self se.
Aan die ander kant verlang ek regtig baie na my mense, my kultuur, LEKKER kos en ORDENTLIK dans. Maar op 'n manier weet ek dit sal maar altyd daar wees wanneer ek ook al sal terug gaan, maar as Engeland verby is, dan is dit VERBY. Of ek nou wil of nie. En ek WIL NIE!
As ek kon bly, sou ek beslis 'n manager geword het, hoe hartseer is dit nie om DIT te moet dink nie. En dan voel dit ook asof ek die hotel in die steek gaan laat wanneer ek weggaan, alhoewel EK weet en HULLE weet ek moet gaan.
Dink daar gaan baie trane stort in die tydjie wat kom...
SUG...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment