Friday, October 06, 2006

Tagging game...

"I’ve stumbled upon a tagging-game – listing 20 random facts about yourself and then tagging a bunch of people to do the same."

1. Ek is die laatlammetjie en enigste dogter in ons gesin.

2. Ek is een van die grootste kat-liefhebbers wat ek ken.

3. Ek is verslaaf aan lees en is altyd besig met een of meer boeke, maak nie saak hoe besig my lewe is nie.

4. Ek is GLAD NIE 'n oggend mens nie, maar kan met gemak elke oggend vier uur gaan slaap.

5. Musiek is my lewe, ek het een van die wydste musieksmaake waarvan ek weet.

6. Ek is mal oor psychological thrillers, hoe weirder en meer complicated, hoe beter.

7. Ek is 'n totale "people's person".

8. Ek is 'n regte ou "softy" en gee soms te veel om vir mense en kry daarom baie keer seer.

9. My "indulgence" is sjokolade, veral Belgiese en Switzerse sjokolade.

10. Ek kan nog nie bestuur nie en dit pla my, maar my lewe was nog altyd te besig om tyd te vind vir leer.

11. Ek kan baie goed fietsry met 'los hande', en ek is nogal trots op die feit.

12. Ek hou meer van catering as wat ek ooit gedroom het ek sal, en wil dus 'n restaurant oopmaak eendag.

13. Ek is mal oor fotografie en neem oor die algemeen heeltemal te veel foto's.

14. Die kleur van my oe hang baie van my "mood" asook die kleur klere wat ek dra af, hulle wissel tussen groenerig/bruinerig/blouerig/gryserig met goue spikkels om die pupil.

15. Ek is 'n totale "romantic at heart", maar dis nie baie goed vir my nie.

16. Ek haat roetine.

17. Ek word al hoe meer perfeksionisties hoe ouer ek word.

18. Ek is verslaaf aan dans, dis nou "ordentlike" dans soos two-step ens. My rekord is omtrent 12 ure se non-stop dans.

19. Ek word omtrent altyd 4 jaar jonger geskat as wat ek werklik is, en haat dit as mense op jou neerkyk omdat jy volgens hulle nog "jonk en dom" is.

20. Ek hou nie van grimering en opdress nie en doen dit net met BAIE spesiale geleenthede.

1 comment:

Adam said...

Dankie dat jy saamgespeel het. Ek is mal oor sulke odd feite van mense.

Sal jou op hoogte hou van nuwe speletjies.