Thursday, October 12, 2006

Lysie van goed wat ek nog wil doen... eendag...

Hier volg 'n lysie van die goed wat ek die graagste wil doen in die volgende x aantal jare. Ek weet nie of ek die tyd of die moed sal he om alles te doen nie, maar ek sal beslis probeer! (Adam, my lysie hou nie by 5 op nie, want ekt te veel goed... maar dankie vir die idee!!)

1. Valskerm spring en/of skydive

2. Ordentlik leer perdry

3. Die Otter Staproete in die Kaap stap

4. Diepsee duik

5. My eie restaurant begin

6. Die Bybel deurlees (Hmmm, het al 'n paar keer begin...)

7. Leer om te Tango

8. 'n Boek publiseer

9. 'n Ordentlike wynkursus doen

10. Die Lord of the Rings Triology deurlees (Het dit alreeds gekoop maar op die oomblik sit dit net op my rak en mooi lyk... haha)

11. Leer Saksefoon, viool en kitaar speel

12. In 'n lugballon ry

13. 'n Lang fietsry kompetisie doen, verkieslik die een wat in die karoo begin en in Knysna eindig

14. 'n Ragdoll kat koop

15. 'n Professionele fotografie kursus doen

(ok, daars nog, maar ek sal maar eers hierby volstaan)

No comments: